Local newsNews

So lyk die paaie na Nampo

Hier is alles wat jy moet weet oor vanjaar se Nampo Oesdag

Wonder jy nog of jy vanjaar die Nampo Oesdag op die Oesdagplaas buite Bothaville gaan bywoon? Met ‘n hele paar nuuthede en ou gunstelinge gaan dié jaar se Nampo Oesdag van 13 tot 16 Mei, die wêreld van landbou vir jou oopmaak en verenig op jou voorstoep  met een van die grootste vertoonvensters van die landbou  wat vanjaar vir die 57ste jaar aangebied word.

So lyk die paaie na die Nampo Oesdagplaas:

  • R30 Orkney na Bothaville – pad is oop
  • Parys na Viljoenskroon
    • Wees versigtig hier is baie slaggate
    • Wees bedag daarop dat verkeer herlei word weens vloedskade aan die pad.
  • Viljoenskoon na Bothaville
    • Pad is in ‘n goeie toestand
  • Bloemfontein via Allanridge na Bothaville
    • Pad is in ‘n goeie toestand
  • Bloemfontein via Wesselsbron na Bothaville
    • Wees vesigtig hier is ‘n paar slaggate
  • Klerksdorp na Bothaville via Orkney
    • Padwerke maar die pad is wel rybaar.
  • Orkney na Bothaville
    • Dit is die voorgestelde roete vanaf die noorde
  • Kroonstad na Viljoenskroon
    • Pad is in ‘n goeie toestand
  • Hoopstad na Bothaville
    • Waarskuwing – pad is in n baie slegte toestand.
  • Leeudoringstad na Bothaville
    • ‘n Paar slaggate en padwerke.

 

Koop jou Kaartjies Aanlyn!

Kaartjies vir NAMPO 2025 is beskikbaar by OpenTickets (www.opentickets.com).

Roetebeskrywings, parkeerinligting en besonderhede oor die privaat landingstrook is beskikbaar op die NAMPO-webwerf en via die NAMPO Toep.

Let asseblief daarop dat geen troeteldiere, fietse, selfaangedrewe karre of motorfietse op die terrein toegelaat sal word nie. Besoekers kan gebruik maak van die gratis vervoerkarretjies wat deurlopend op verskeie roetes op die terrein ry.

Beweeg gerieflik rond

Die “Mieliehop”-pendeldiens ry daagliks tussen Bothaville en NAMPO Park, met addisionele langafstanddienste vanaf OR Tambo en omliggende dorpe – ideaal vir plaaslike én internasionale besoekers.

Century Avionics se lughawe-sitkamer verwelkom lugreisigers by die noordelike kant van NAMPO park, met ‘n pendeldiens beskikbaar na Hek 3.

Binne NAMPO Park is daar nege trekkerwaens wat verskeie roetes dek en besoekers gerieflik tussen uitstallings vervoer. Vanjaar is daar vier ekstra bushaltes bygevoeg vir nog beter toegang tot die hele terrein.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button