Asbespyp vervanging: Wees bedag op paaie wat gesluit is by kruisings
Die span behoort einde Junie klaar te wees met die vervanging van die asbespype wat vir die kontrak geïdentifiseer was.

Die kontrakteurspan van Diphala Construction wat tans besig is met die vervanging van ou asbespype in Parys se waterpypnetwerk. is tans besig in Delverstraat by die kruising met Eerstelaan waar hulle in die rigting van die kruising by Loopstraat werk.
Wanneer daar oor ‘n kruising beweeg word, sal die pad daar gesluit wees vir verkeer.

Sodra hulle klaar is met die pypvervanging tot by Loopstraat, sal daar weer van Eerstelaan na Derdelaan in Delverstraat beweeg word.


Hulle het vroeër ook in die omgewing van Najaarsrus van die ou asbespype vervang.
Die ou asbespype wat verantwoordelik was vir baie pyplekke, word vervang met PVC pype.

Die span behoort einde Junie klaar te wees met die vervanging van die asbespype wat vir die kontrak geïdentifiseer was.



