Local newsNews
Tienerdogter na daelange soektog gevind
Die familie is baie dankbaar vir almal wat die afgelope twee weke na haar help soek het.

Die 16-jarige Deidra Bonolo Seitheiso, ”n graad 9 leeerder van Hoërskool Parys, wat sedert 1 Mei vermis was, is gisteraand veilig en ongedeerd gevind.
Volgens haar ma, Adri, is sy gister in Randburg gekry dansksy die toegewyde werk van polisielede wat onverpoosd na haar gesoek het die afgelope twee weke.
Deidra was die laaste keer gesien toe sy deur ‘n huurmotor by haar ouerhuis in Schonkenville opgelaai is en by ‘n vulstasie in die dorp afgelaai is. Haar ouers was rasend van bekommernis nadat sy nie huis toe gekom het nie, en sê Adri die familie is dankbaar vir elkeen wat help soek het na haar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



