Die maan is weer besig om af te neem, die nagdonkerte neem toe, en die sterre word helder. Komende naweek word dit dus tyd vir sterrekyk.
Op Saterdagaand 31 Mei lei Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika die deelnemers deur die wonders van die sterrehemel. Dit begin om 19:00 uur met ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag.
Daarna word die interessante objekte in die sterrehemel deur die 12” Schmidt-Cassegrain-teleskoop in die sterrewag bekyk, tot ongeveer 22:00 uur. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie. Deelname kos R100 per persoon, wat in kontant direk aan die aanbieder betaal moet word. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Bespreek asseblief vooraf op whatsapp by 083 280 9784 of per epos by gerhard@deelfontein.co.za. Deelnemers is welkom om reeds vanaf 17:00 met ´n piekniekmandjie op te daag en aandete op die perseel te geniet. Tafels en stoele is beskikbaar.
Let wel: onvoorsiene bewolkte weer kan altyd opduik en die sterrekyk onmoontlik maak.
Bevestig altyd vooraf dat die reëlings soos beplan voortgaan.



