Wagte trek vermeende wildstropers vas
Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris Zeph Mkhwanazi, het gesê die arrestasie hou 'n ernstige waarskuwing in vir wildstropers, en dat daar aangehou sal word om te verseker dat die Krugerwildtuin veilig bly omdat dit 'n deel van ons erfenis is.
Drie vermeende wildstropers is Saterdag in die oggendure naby die Satara-ruskamp in die Krugerwildtuin deur wagte wat op patrollie was, vasgetrek.
Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Jabu Ndubane, is die drie buitelanders in die omgewing van die Ngotsodam gekry met onder meer ‘n jaggeweer, patrone, ‘n byl en ‘n mes.
Die wagte het die mans beveel om stil te staan en die wapen op die grond neer te sit; Daar is nie gehoor gegee aan die versoek nie en het die verdagtes op die wagte geskiet. In die oor-en-weer-skietery wat gevolg het, is twee van die vermeende wildstropers gewonrd en die derde het gevlugk het Ndubane gesê.
Polisie en nooddienste is na die toneel, waar een van die verdagtes aan sy wonde beswyk het terwyl hy behandel is. Die ander beseerde verdagte is per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Hy is n Mosambiekse burger en word vermoed dat hy onwettig in die land is, het Ndubane gesê.
Hy sal sodra hy ontslaan word, voor die hof verskyn op klagte van onwettige betreding, besit van n vuurwapen en ammunisie en poging tot moord. Nog klagtes kan moontlik bygevoeg word het die polisie gesê.



