Waarskuwing: Tweede botsing op R82 in minder as 24 uur
Nooddienste wat net voor 20:00 steeds besig met opruimingswerk op die botsingstoneel.
Kort na Vrydagaand se noodlottige botsing op die R82, is nog ‘n botsing vanmiddag tussen ‘n dieseltenkwa en ‘n motor net voor 16:00 op die R82 naby Kragbron gerapporteer.
Nooddienste was net voor 20:00 steeds besig met opruimingswerk op die toneel en was die pad gesluit in beide rigtings.



Twee pasiënte is met beserings na hospitale in onderskeidelik Vaalpark en Sasolburg vervoer.
Tydens Vrydagaand se grusame botsing op die R82 naby Koppies, het ‘n man gesterf nadat die bakkie waarmee hy gery het, onder ‘n vragmotor beland het, en beide voertuie aan die brand geslaan het.
Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie, maar die bestuurder van die bakkie is op die toneel oorlede.



