Local newsNews

Judie se spore lê diep by Vrystaatse Voortrekkers

Baie Voortrekkers sal Judie Coetsee onthou vir haar omgeehart en betrokkenheid by die Voortrekkers oor baie jare.

Judie Coetsee se liefde vir kinders het uit haar gestraal. Sy was vir jare kommandoleier by die Parys Voortrekkerkommando, waar haar omgee hart ‘n stempel op baie kinderlewens afgedruk het. Sy het ook op die gebiedsbestuur van die Vrystaatse Voortrekkers gedien as oordleier van Oord Riemland.

Wille Engebrecht, leier van die Voortrekkers in die Vrystaat, het namens die Voortrekkerbeweging gesê dat daar met hartseer van haar dood kennis geneem is, en dat baie Voortrekkers tannie Judie sal onthou van kampe by die Voortrekkers se Doornkloof-kampterrein.

Judie is op 11 Junie in die ouderdom van 79 jaar by die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes oorlede waar sy die afgelope twee maande versorg is.

Die begrafnisdiens is op 17 Junie uit die NG gemeente Parys-Oos gehou.

Judie het op ‘n plaas by Nelspruit by haar ouma grootgeword, nadat sy beide haar ouers op 11-jarige ouderdom ná n motorongeluk verloor  het.

Sy bekwaam haarself as onderwyseres en begin skoolhou in Germiston. Daar ontmoet sy vir Fanie, ‘n apteker van beroep, en trek die jong egpaar in die laat sewentigerjare na Parys waar Fanie Stefano Apteek in Middelstraat begin. Sy het vir jare in die apteek gehelp, en later ook in Taljaard Apteek gewerk.

Sy het die grootste deel van haar lewe in Parys gebly.

Judie Coetsee het n hart vir kinders gehad en was vir baie jare betrokke by die Voortrekkers in die Vrystaat.

Vir haar kinders en kleinkinders was sy ‘n toonbeeld van liefde – ‘n ma en ouma wat altyd daar was.

Die laaste twee maande het sy met haar gesondheid gesukkel, vertel haar dogter Christine, en was sy in en uit die hospitaal.

Sy sal met net die mooiste herinneringe deur haar kinders, Fanie en Christine, kleinkinders, broer, Gert en suster, Leonie, jarelange vriendin, Daleen, en elkeen met wie sy die pad gestap het, onthou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button