Local newsNews

Dié ys ‘n groter gevaar as wat jy dink

Jou bande en remme is jou eerste verdedigingslinie. As jou bande afgeslyt of onderdruk is, of jou remstelsel nie optimaal funksioneer nie, is jy baie meer kwesbaar.

Elke winter word tientalle ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie gekoppel aan swart ys – ’n gevaar wat selfs ervare bestuurders dikwels onkant betrap. Swart ys is een van die gevaarlikste én mees misverstaande gevare wat motoriste in die winter in die gesig staar, waarsku Dewald Ranft, voorsitter van die Motor Industry Workshop Association (MIWA).

Baie bestuurders dink swart ys is slegs ’n probleem in kouer lande, sê Ranft. maar dit kom meer algemeen in Suid-Afrika voor as wat mense besef – veral in hoogliggende gebiede en binnelandse streke soos die KZN-Midlands, die Oos-Kaapse hooglande en die Vrystaat se landbougebiede. As jy vroegoggend ry of ná ’n kouefront, is dit ’n werklike risiko.

Ten spyte van sy naam, is swart ys nie werklik swart nie. Dit is ’n dun, deursigtige laag ys wat met die padoppervlak meng en dit bloot nat laat lyk. Dit kan die bandewrywing tot 70% verminder, en selfs ervare bestuurders besef dikwels eers hulle is op swart ys wanneer hulle beheer verloor.

Swart ys kom veral voor:

  • op brûe

  • in skaduryke of laagliggende gebiede,

  • tydens vroeë oggend- of aandritte, en

  • ná ligte reën gevolg deur temperature by vriespunt

“Jy sal dalk opmerk dat die pad nat lyk, maar daar is geen spatwater van ander voertuie se bande nie – dit is dikwels ’n teken,” sê Ranft. “As daar ryp op jou voorruit is, is die kans goed dat die pad ook ysig is.”

As jy swart ys vermoed:

  • Verminder jou spoed en ry versigtig.

  • Vermy skielike stuur- of remaksies.

  • Laat ’n groter volgafstand tussen jou en die voertuig voor jou.

  • Hou jou kopligte aan vir beter sigbaarheid.

  • Moet nooit spoedbeheer (cruise control) gebruik in ysige toestande nie.

Hy raai motoriste aan om ’n wintersveiligheidsinspeksie te laat doen wat insluit:

  • Bandloopvlak- en druktoetsing

  • Kontrole van remblokke, skywe en ABS-stelsel

  • Toets van battery, ruitveërs en vloeistowwe

  • Ligfunksie-evaluasie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button