Local newsNews

Golden Oldies vat Hilbillies aan by dorp se eerste rugbyfees

Uithaler rugby sal die dag gesien word met tien spanne wat hier in aksie sal wees by 'n eerste Oldies rugbyfees vir die dorp.

Parys se Golden Oldies draf Saterdag 26 Julie uit op hul tuisveld wanneer dié span Johannesburg se Hillbillies die stryd aansê met die dorp se eerste Oldies-rugbyfees.

Tien spanne van omliggende dorpe sal die dag hier in aksie wees met Parys wat die gasheerklub vir die dag is.
Die Parys Golden Oldies Rugby Festival word gehou op Hoërskool Parys se gronde en daar sal ‘n snoepie en kosstalletjies beskikbaar wees.Toegang kos R50 per motor en R10 per persoon.

Mense is welkom om koelhouers en gasbraaiers te bring en te kom deel in die gees van die dag. Jy kan uithaler rugby verwag van die goue oues van die rugbyveld, wat beloof ‘n gesinsdag soos min te wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button