Local newsNews

Jou hulp broodnodig vir ander in nood

Met Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se jaarlikse Broodjiedag word brood ingesamel vir hulle wat dit die nodigste het

Hoe moeilik moet dit nie wees om in hierdie winterkoue ‘n kind honger bed toe te stuur, of sonder ontbyt skool toe? Om nie te weet waar die volgende maaltyd vandaan sal kom nie. Dit is waarom Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) die Broodjiedag-projek ‘n paar jaar gelede begin het.

Met die projek word seker gemaak dat daar in elke huis minstens ‘n brood sal wees.

Vanjaar se Broodjiedag word oor drie dae gehou – 23, 24 en 25 Julie.
Sanette Boonzaier van  VVA Parys sê daar is voortdurend nood. Daarom help enige donasie – groot of klein,  mense in jou gemeenskap wat nood ervaar.

Verlede jaar is 533 brode en broodrolletjies met Broodjiedag ingesamel.  Wil jy nie help om hierdie rekord te breek nie?

Tuisgebak, gekoop, ‘n toebroodjie of broodrolletjie – lank of rond – wat jy ookal kan gee, maak ‘n verskil. Die brode en broodrolletjies word uitgegee vir behoeftiges, families, maar ook organisasies – waar ookal hulp broodnodig is

Jy kan jou broodskenking by VVA se kantoor in Buitenstraat afgee, of skakel (056) 811 2971 om te reël dat die brood gehaal word, of sou jy enige navrae oor die projek hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button