200 Pare voete tooi landgoed met neonkleure en liggies
Die aand is met groot entoesiasme deur die gemeenskap ondersteun en het heelwat gesinne en families aan die pretstap/draf deelgeneem.
Stootkarretjies, rolskaatse, fietse en voete het vroeër vanaand met ‘n streep van helder neonkleure en glimmende liggies die 2,5 en 5km roetes op die Vaal de Grace-landgoed net buite Parys voltooi vir Rotary Parys se Glow in the Dark pretstap/draf.
By die 200 mense het deelgeneem – van oud tot jonk. Onder hulle – baie wat as gesinne of families saam die buitelug op die pragtige landgoed kom geniet het.
Vanaand was nie net ‘n fondsinsameling vir Rotary nie. Dit het mense die geleentheid gegee om as gesinne iets saam te kan doen, en om terug te gee vir die gemeenskap, het Rotary president Sandra Uys gesê.
En dit is presies wat dit was. ‘n Aand vol pret en geniet wat met geesdrif ondersteun is.



















Foto’s: Liezl Scheepers, Parys Gazette



