Local newsNews

VVA se oom Archie se hande het vir niks verkeerd gestaan nie

"Vir VVA was oom Archie meer as goud werd."

Daar was nie ‘n dag dat oom Archie nie Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se beste belange op die hart gedra het nie.
Oom Archie is kort nadat hy Donderdagoggend nog by die VVA-kantoor gaan inloer het, aan ‘n hartaanval in die dokter se spreekkamer oorlede – vyf dae ná sy 78stee verjaardag.

Hy was vir jare ‘n staatmaker by VVA Parys waar hy as nutsman verantwoordelik was vir instandhoudingswerk by die VVA-kantoor, Danie Fourie en Hanlu-woonstelle. Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Of daar gery moes word om skenkings op te laai, of skenkings afgegee moes word. Oom Archie was net altyd bereid om te help waar ook al ‘n hand nodig was, en dan sommer tussendeur ‘n ogie te hou oor almal as hy sou inloer by die kantore net om ‘seker te maak almal werk’.

In 2022 moes hy na 12 jaar se toegewyde diens weens gesondheidsredes die tuig neerlê, maar steeds het sy hart warm bly klop vir VVA en sy personeel. Soveel so dat hy weer gaan uithelp het as nutsman by die VVA-kantoor, maar uiteindelik in Julie 2024 finaal gaan rus het.
Sy hande, maar ook sy glimlag en gesels sal deur al die VVA-personeel gemis word, het VVA se Sanette Boonzaier gesê. Oom Archie het vroeër jare vir Transnet gewerk. Hy en sy vrou Rita het sedert 2010 in die Hanlu-woonstelle gebly, en het sy paaie met VVA gekruis met sy suster, Elaine, wat as vrywilliger by die organisasie gewerk het.

Oom Archie word oorleef deur Rita, sy seun Marco, skooondogter, kleinkinders, en sy suster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button