Local newsNews

248 Bottels hoesstroop op N1 gekry

Nie een van die verdagtes het n permit of lisensie om die groot hoeveelheid medikasie in hul besit te kon hê

Tweehonderd agt en veertig (100ml) bottels Bronclear hoesstroop is Woensdag deur lede van die Sasolburgse Hoofwegpatrollie gekonfiskeer op die N1-naby die afrit vanaf die R59 in die rigting van Kroonstad.
Polisielede het tydens Opeerasie Shanela II die verdagte voertuig op die N1 opgemerk en deursoek waarop die hoesstroop bottels in die voertuig gekry is.
Drie mans, onderskeidelik 25, 26 en 28 jaar oud is in hegtenis geneem. Nie een van die drie  het ‘n permit of lisensie gehad om die  groot hoeveelheid medikasie in hul besit te kon hê nie.
Die drie word aangekla onder wetgewing wat handel met medisyne en verwante middele, asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, terwyl twee ook  aangekla word onder wetgewing vir verbode immigrante.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button