Parys bloei verby doelwit
Parys het Dinsdag 8 November nie minder nie as 129 eenhede bloed ingesamel. Die doelwit was 100 eenhede en meer! Hiervoor verdien Parysenaars ’n klop op die skouer vir die Kersfees bloedskenk-uitdaging. Die uitdaging behels ’n kompetisie tussen die gemeenskappe van Parys en Viljoenskroon om te sien wie die meeste eenhede bloed vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloed Diens (SANBD) kan insamel.

Parys het Dinsdag 8 November nie minder nie as 129 eenhede bloed ingesamel. Die doelwit was 100 eenhede en meer!
Hiervoor verdien Parysenaars ’n klop op die skouer vir die Kersfees bloedskenk-uitdaging. Die uitdaging behels ’n kompetisie tussen die gemeenskappe van Parys en Viljoenskroon om te sien wie die meeste eenhede bloed vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloed Diens (SANBD) kan insamel.
Parys het nou reeds sy skenkbeurt vir die kompetisie gehad en Viljoenskroners sou op Dinsdag 15 November by die NG Moedergemeente kerksaal skenk.
Tradisioneel is Desember ’n baie moeilike tyd vir die SANBD omdat hulle nie die nodige 3 000 eenhede bloed daagliks kan insamel nie. Dié hoeveelheid bloed word benodig om pasiënte soos dié wie terminaal siek is, om nie eens te praat van ongelukslagoffers, te behandel.
As na vorige jare se bloedvoorrade oor dieselfde tydperk gekyk word, weet ons dat moeilike tye voorl, sê die Bloeddiens.
En daarom dan die Kersfees Bloedskenk uitdaging. Dankie Parys en Viljoenskroon – jul bydraes maak ’n verskil.



