Kleurvolle blomtapyt uitgerol vir dorp se eerste blommeskou
Te midde van swaar reënweer is gistermiddag in Parys, is daar reeds laat gistermiddag begin met die uitlê van 'n prag blomtapyt op die feesterrein op die h/v St Jan en Van Collerstraat in Parys waar die dorp die eerste Vrystaatse Blommefees vandag (11 November) en ook Saterdag 12 November sal aanbied.'n Forum konferensie vir rolspelers in die blomme-industrie van regoor die wêreld word vanoggend in die dorp gehou en later vanmiddag sal die feesvieringe op die feesterein begin. Die verhoog is ook gister gebou en alles is gereed vir die naweek kleurvolle blommeprag in Parys. Moet ook nie die vlotoptog en parade met 600 verteenwoordigers uit verskeie streke môremiddag in die hoofstraat van Parys misloop nie.

Te midde van swaar reënweer gistermiddag in Parys, is daar reeds laat middag begin met die uitlê van ‘n prag blomtapyt op die feesterrein op die h/v St Jan en Van Collerstraat in Parys waar die dorp die eerste Vrystaatse Blommefees vandag (11 November) en ook Saterdag 12 November sal aanbied.’n Forum konferensie vir rolspelers in die blomme-industrie van regoor die wêreld word vanoggend in die dorp gehou en later vanmiddag sal die feesvieringe op die feesterein begin. Die verhoog is gister gebou en alles is gereed vir die naweek kleurvolle blommeprag in Parys. Moet ook nie die vlotoptog en parade met 600 verteenwoordigers uit verskeie streke môremiddag in die hoofstraat van Parys misloop nie.






