Daar’s nog kans om die naweek die liggiefees te sien
Onthou ook die Carols by Candlelight môre in die Najaarsrus-tuin

Parysenaars en besoekers aan die dorp kan nog vandag en môre die Engo Najaarsrus liggiefees in Dolfstraat tussen 18:00 en 22:00 besoek.
Sondag 21 Desember sal daar ook ‘n spesiale Carols by Candlelight in die Najaarustuin wees wat jy nie moet misloop nie.


Toegang
Toegang kos R10 per volwassene en R5 per kind – baie goedkoper as ‘n fliekkaartjie en ‘n wonderlike geleentheid om saam as gesin onder die sterrelig te wees. Die fondse wat ingesamel word gaan uitsluitlik vir behoeftige bejaardes wat finansieël deur Najaarsrus gedra word.
Onthou ook ‘n geldjie vir pannekoek, boereworsrolle, corn dogs, slap tjips en koeldrank wat te koop sal wees.
Besonderse kersboom
Die liggiefees is moontlik gemaak danksy die oop hand van borge, maar sal jy ook bejaardes se eie handewerk sien met ‘n besonderse Kersboom.

Najaarsrustuin
Die pragtige Najaarsrustuin is die trotse werk van die 90-jarige Alet Fourie. In die tuin is ook draad-kunswerk wat deur van die bejaardes self gemaak is.



