Local newsNews

Bestuurder van mynmaatskappy in hof vir beweerde bedrog en diefstal van R70m

Die saak is tot 17 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Johan van Vuuren (49), die voormalige uitvoerende bestuurder van Heaven Sent Gold Group SA, ’n maatskappy wat myne in Klerksdorp besit, het op 22 Januarie  in die Orkney-landdroshof verskyn op aanklagte van beweerde bedrog en diefstal nadat hy die oggend deur lede van die Ernstige Korrupsie-ondersoekeenheid in Klerksdorp in hegtenis geneem is.

Verslae dui daarop dat hy tussen 2020 en 2022, terwyl hy as uitvoerende bestuurder by Heaven Sent Gold Group SA werksaam was, die voorsieningskettingprosesse oortree, en kontrakte aan twee mynmaatskappye toegeken het. Een maatskappy is na bewering ’n kontrak ter waarde van meer as R50 miljoen toegeken, terwyl die ander ’n kontrak van R20 miljoen ontvang het. Hierdie kontrakte is glo sonder die toestemming van die Heaven Sent-raad aangegaan.

Tydens die ondersoek is dit aan die lig gebring dat die beskuldigde belange gehad het in ’n maatskappy waaraan hy ’n kontrak van R20 miljoen toegeken het. Verdere ondersoek het ook onthul dat die maatskappy wat die kontrak van R50 miljoen ontvang het, betalings gemaak het aan maatskappye wat familiebande met die beskuldigde het.

Borgtog van R20 000 is aan Van Vuuren toegestaan, het luitenant-kolonel Tinyiko Mathebula gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button