Local newsNews
Gmengde sukses vir Parys op die rugbyveld
Naas die tweede span het Parys se Goldies ook gister hul wedstryd gewen.
Daar was gister (7 Februarie) gemengde sukses vir Parys-rugubyklub in sy wedstryde teen Potchefstroom wat op Parys se tuisveld beslis is. Hoewel die tweede span ‘n skitterende oorwinning oor die besoekerspan kon behaal met ‘n telling van 17-5, was ‘n wen die eerste span nie beskore nie. Parys se eerstes verloor hul wedstryd met 17-7.
Parys se Golden Oldies het egter in hul wegwedstryd teen Welkom geseëvier met 30 punte teen Welkom se 20 op die telbord.
Die foto’s hieronder is geneem tydens die eerste span se wedstryd op Parys se tuisveld.







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



