Local newsNews

Voetganger sterf op N1 in die Vrystaat: Polisie soek na skuldige

Toe wetstoepassers op die toneel kom was daar geen motorvoertuig in sig nie.

Polisie by Tierpoort in die Mangaung Metro soek dringend inligting van padgebruikers wat kan help met die ondersoek na ’n tref-en-trapongeluk wat op die N1-hoofweg naby die blou liggingmerkerbord N1 – 15 13.OS plaasgevind het.

Volgens  luitenant-kolonel Thabo Covane het die Tierpoort  Frontline Service op 6 Februarie omstreeks 22:00 ’n oproep van die 10111-sentrum oor die ongeluk ontvang, waarna ’n patrollievoertuig na die toneel ontplooi is.

Met  hul aankoms is menslike oorskot en ‘n oranje hemp op die toneel gekry, maar was daar geen motorvoertuig in sig op die toneel nie. Die Tierpoort-polisiestasie ondersoek nou ‘n saak van strafbare manslag.

Enige lid van die publiek met inligting oor die ongeluk word gevra om speurder-adjudant-offisier Molebogeng Bosman te kontak by 071 675 9500 of 051 411 2782. Alternatiewelik kan inligting via die MySAPS-toepassing deurgegee word of skakel die SAPD se  Stop Misdaadnommer 08600 10111.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button