Local newsNews

Rocking the Vaal: Die fees waar jy moet wees!

Maak seker jy kry jou kaartjies en volg die sosialemediaplatforms om te sien hoe jy deel kan wees van hierdie unieke ervaring. Kaartjies beskikbaar by Tixsa.

Rocking the Vaal 2026 vind plaas op Saterdag, 11 April, by die Emerald Resort & Casino. Organiseerders verwag dat duisende mense weer sal saamtrek vir ’n dag vol musiek, kos en gemeenskapsgees. Wat hierdie fees besonders maak, is nie net die kunstenaars op die verhoog nie, maar die manier waarop besoekers self deel word van die ervaring.

Die geleentheid kombineer ’n sterk program van SuidAfrikaanse kunstenaars met grootskaalse gemeenskapsprojekte.

Vanjaar sluit dit twee amptelike Guinness Wêreldrekordpogings in: die grootste porsie pannekoek ooit, en ’n indrukwekkende 3,000 kg-pot Chilli Con Carne (maalvleis). Albei projekte is ontwerp om duisende mense direk te betrek.

Vertonings

Kunstenaars soos Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Irene-Louise van Wyk, Refentse en vele meer sal optree, maar die
ware hoogtepunt van die fees gaan dieper as bloot vermaak.

“Soms kom mense vir die konsert, maar hulle bly vir die gevoel,” het een van die kunstenaars opgemerk. Daardie “gevoel” is presies wat Rocking the Vaal se groei die afgelope jare aangedryf het. Die fees het doelbewus sy fokus verskuif na deelname eerder as om
net toe te kyk. Besoekers staan saam in toue, neem deel aan rekordpogings en deel in grootskaalse koservarings wat ’n atmosfeer van samesyn skep.

“Rocking the Vaal is meer as net ’n musiek- of kosfees; dit gaan oor mense wat terugkeer vir die ervaring en die gevoel van eenheid,”
sê Marinda Human, Bemarkingsbestuurder by Emerald Resort & Casino. “Elke jaar sien ons hoe families, vriende en gemeenskapsgroepe van hierdie dag ’n tradisie maak.”

Rocking the Vaal Organiseerders saam met Mbali Nkosi (beoordeelaar) tydens die vorige rekordpogings.
Rocking the Vaal Organiseerders saam met Mbali Nkosi (beoordeelaar) tydens die vorige rekordpogings.

’n Rekordbrekende erfenis

Hierdie benadering het reeds vrugte afgewerp. In 2025 het Rocking the Vaal drie Guinness Wêreldrekords opgestel: die grootste pot pap (2,334 kg); die langste porsie kebabvleis teen drie kilometer; asook die meeste mense wat gelyktydig brood breek.

Hierdie prestasies het die Vaal-gemeenskap in die internasionale kollig geplaas en die fees se profiel aansienlik verhoog. Die 2026-uitgawe bou voort op daardie momentum.

Jy kom vir die musiek, maar jy bly vir die gevoel.

Maak seker jy kry jou kaartjies en volg die sosialemediaplatforms om te sien hoe jy deel kan wees van hierdie unieke ervaring.
Kaartjies Beskikbaar by Tixsa.

Navrae

As jy wil deelneem of as borg betrokke wil raak, stuur ’n e-pos aan Sandy by admin@gtcoc.org.za.

* Rocking the Vaal word georganiseer deur die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCOC), in samewerking met Emerald Resort & Casino, wat as gasheer vir die geleentheid optree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button