Local newsNews
Dis Kaapstad SA-uitdaging vandag vir drie van Parys Primêr
Parys hou styf duim vas vir julle!
Primêre Skool Parys spog met drie van sy atlete wat die Vrystaat vandag by die SA Skole atletiekkampioenskappe in Kaapstad sal verteenwoordig.
Bophelo Matiase sal aan die 80m en 100m items vir dogters-o10 deelneem nadat sy eerste plekke in beide items by die Vrystaatkampioenskappe behaal het. Sy sal ook aan die dogters-o10 aflos-item deelneem.

Karliese Scheepers sal aan die 1 500-item vir dogters-o13 deelneem nadat sy derde by die Vrystaat-kampioenskappe was.
Bella-Mey Els se tweede plek by die Vrystaat-kragmeting in die hoogspring dogters-o11-item het haar deelname aan die SA’s verseker.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



