Local newsNews
R59-botsing: Motoriste gewaarsku
Verminder spoed en gehoorsaam instruksies van wetstoepassers op die toneel.
Die R59 tussen die N1-oorbrug en Sasolburg net verby die Truck Stop, is pas gesluit (21:15) na ‘n noodlottige botsing net voor 20:00.
Twee vragmotors en ‘n motor was in die botsing betrokke. Nooddienspersoneel is steeds op die toneel.
Motoriste word gewaarsku om spoed te verminder en bedag te wees op instruksies van wetstoepassers op die botsingstoneel. Gebruik alternatiewe roetes.
Opruimingswerk op die toneel sal na verwagting ‘n geruime tyd duur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



