Parys pak Hoopstad dié week op die rugbyveld
Parys-rugbyklub het met hul vorige kragmeting teen Viljoenskroon die wedstryd in Parys se guns beklink.
Parys-rugbyklub speel dié week teen Hoopstad op Parys se tuisveld. Die wedstryd is Donderdag 9 April om 20:00 op Hoërskool Parys se rugbyveld.
Hekke open om 18:30 en ingang kos R10 per persoon.
Ondersteuners is welkom om die spelers langs die veld te kom aanmoedig. Mense kan ook gasbraaiers en koelhouers saambring, maar daar sal ‘n snoepwinkel, koffie en wegneemetes beskikbaar wees.

Parys het met sy vorige wedstryd teen Viljoenskroon geseëvier met ‘n eindtelling van 13-19 in Parys se guns. Drieë vir Parys is gedruk deur Lawrence Molifi, Robbie Petzer en Marx Steenkamp, terwyl Gerhard Greyling twee doelskoppe oorgesit het. Spelers van die wedstryd was André van Zyl en Robbie Petzer.

Parys se netbalspan het die aand gelykop teen die span van Viljoenskroon gespeel met ‘n telling van 15 elk.



