Best of Parys: Tyd raak min – het jy al genomineer?
Slegs digitale nominasies word aanvaar. Nominasies sluit 4 Mei.

Daar bly nog net sewe dae oor om die besigheid van jou keuse te nomineer vir vanjaar se Best of Parys toekennings. Daardie besigheid wat uitstaan as dit kom by kliëntediens en tevredenheid, en waar geen moeite ooit te veel gevra is nie.
MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette, gee vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens, lesers die geleentheid om deel te neem aan hierdie projek om erkenning te gee aan uitblinker-sakelui in Parys.
Jy kan ondernemings in Parys wat vir jou uitstaan as dit kom by diensuitnemendheid aanlyn nomineer by die volgende skakel – https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-best-of-parys/

Nominasies sluit 4 Mei. Slegs aanlyn nominasies word aanvaar omdat die kompetisie in digitale formaat aangebied word. Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer.
Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.
Of dit nou ‘n koffiewinkel is, restaurante, gastehuise, apteke, eiendomsagentskappe noem maar op – met Best of Parys is dit lesers se stem wat tel om ook op dié manier erkenning te gee aan ons uitblinker sakelui.



