Departement stel desimale punt foutjie reg in dieselprys
Die brandstofprysverhoging tree om middernag vandag in werking.
Die Departement van Minerale en Petroleum hulpbronne het ‘n desimale punt blaps begaan met die berekening van die dieselprysverhoging wat vandag om middernag in werking tree. Die fout beteken dat diesel in der waarheid met net meer as R5 per liter sal styg, en nie meer as R6 per liter soos gister aangekondig is nie. Die fout het ingesluip met die departement se berekening van die dieselfbrandstofheffingverligting as 0.93c/l pleks van 93c/l
Die groothandelprys van diesel sal dus met R5,27c per liter styg, terwyl petrol (beide 93- en 95-oktaan) met R3,27c per liter styg.
Selfs na die korreksie sal dieselpryse dus steeds motoriste oor die R30 per liter uit die sak jaag en sal beide diesel en petrolpryse die hoogste wees wat motoriste nog in byna vier jaar betaal het.



