Local newsNews

Lesotho-Hoogland Waterprojek: Uitsonderlike ingenieursvernuf so gedenk

Vandag is dit steeds 'n verstommende gesig om die water uit die reuse tonnel met 'n deursnee van 5m te sien uitstroom.

Die Sandsteen Monument op Clarens se ou markplein herdenk die Lesotho Hoogland Waterprojek (1991-1996). Dié uitsonderlike ingenieursmeesterstuk behels ‘n stelsel van groot damme en tonnels deur Lesotho wat water aan die Vaalrivier-stelsel in Suid-Afrika voorsien.  

Die storie van die projek het in 1986 begin met ‘n samewerkingsooreenkoms tussen Lesotho en Suid-Afrika om hidro-elektriese krag aan Lesotho te voorsien en water aan Suid-Afrika.

In 1987 is begin met die bou van die Katse Dam.  Konstruksie aan die tonnels is in 1990 begin. 

Die monument wat die Lesotho Hoogland-waterprojek herdenk, op Clarnes se Markplein. Foto: Monumente, Gedenktekens en Interresanthede in Suid-Afrika.
Die monument wat die Lesotho Hoogland-waterprojek herdenk, op Clarens se Markplein. Foto’s: Soos geplaas op Facebook-groep: Monumente, Gedenktekens en Interressanthede in Suid-Afrika.

‘n Groot ondergrondse watertonnel , die Trans Caledon-tonnel bring water vanaf die Lesotho Hooglande na ‘n weir (keerwal ) voor dit  in die Ash River Outfall noord van Clarens invloei. Vandag is dit steeds ‘n verstommende gesig om die water uit die reuse tonnel met ‘n deursnee van 5m te sien uitstroom.

Die sukses van hierdie  watertonnel na die Ashrivier wat in 1996 voltooi was, word in Clarens deur middel van die monument onthou. Bo-op die sandsteen monument is nuwe en gebruikte snyers van die Wirth Tonnel Boormasjien wat werksaam was in 19 km van die toevoer-tonnel noord van Clarens .

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button