Local newsNews

Man wat omkoopgeld met lisensiehernuwings aanbied, gevonnis

Tydens die verhoor is getuig dat die man sy aanbod vir omkoopgeld selfs aan die ondersoekbeampte herhaal het.

’n Man is Maandag in die Bethlehemse landdroshof ‘n boete van R12 000 of vyf jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy probeer het om ‘n polisiebeampte met geld om te koop in ruil vir hulp met voertuiglisensie hernuwings wat geblok was.

Shiven Arnold Loopoo (33) is op 5 Junie 2025, na die kantoor van die Bethlehem Eenheid vir Ernstige Korrupsie-ondersoeke waar hy na bewering die geld aan die ondersoekbeampte aangebied het in ruil vir hulp met die lisensiehernuwings.

Die beskuldigde het later die aanbod herhaal en is daarna deur lede van die ondersoekspan in hegtenis geneem.

Die beskuldigde het op 6 Junie 2025 in die Bethlehem Landdroshof verskyn en die saak verskeie kere uitgestel vir verhoor. Die hof het die beskuldigde daarna skuldig bevind aan korrupsie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button