Bultfontein vat ligatrofee ná harde finaal
Dit was 'n harde wedstryd met elke speler wat sy kant op die veld gebring het.
Vrydag se Griffons Tweede liga finaal het gesorg vir ‘n spannende eindstryd op Bultfontein se tuisveld waar Parys uiteindelik die knie moes buig met ‘n eindtelling van 24-7 in Bultfontein se guns. Dit beteken dat Bultfontein vir die tweede jaar agtereenvolgens die ligatrofee vat.
Dit was egter van die begin duidelik dat beide spanne hul plek in die finaal verdien het. Hoewel Parys na die eerste helfte van die wedstryd 3-0 voorgeloop het, is die borde verhang in die tweede helfte met Bultfontein wat die voortou gevat het, en ‘n oorwinning buite Parys se bereik geplaas het.

Kort voor die eindfluitjie geblaas het, het Parys met ‘n drie geslaag, maar was Bultfontein die aand die beter span op die veld.
‘n Harde wedstryd waarin elkeen van hierdie spelers hul harte uitgespeel het en Parys weer gewys het dat dié span nie onderskat moet word nie.



