Kommer oor stoptekens, padmerke ná botsing by kruising
Inwoners in die omgewing waar die botsing gebeur het, sê hulle is baie bekommerd oor motoriste, maar ook skoolkinders se veiligheid met verskeie kruisings waar nie stoptekens of duidelike padmerke is nie.
‘n Mercedes en ‘n Isuzu bakkie was vroeër vanmiddag in ‘n botsing by die kruising van Wes- en Kortstraat betrokke. Nie een van die insittendes is ernstig beseer nie.
Die Mercedes het met die impak van die botsing ‘n omheiningsmuur van een van die hoekhuise by die kruising getref.
Beide voertuie het groot skade.
Daar was geen stopteken of padmerke aan die kant van Wesstraat vanwaar die Mercedes gekom het toe dit met die bakkie in Kortstraat gebots het.
Huurders van die huis waar die Mercedes in die muur vas is, het aan Gazette gesê dat hulle al minstens twee keer die afgelope maand die afwesige stopteken by die teenoorgestelde kant van die kruising gerapporteer het. Aan hul kant van die kruising is die stopteken ook erg verbleik en geen padmerke sigbaar nie.


Volledige berig in hierdie week se Gazette.



