Local newsNews

Tot 77% van verbruikers in SA gebruik KI om te help met inkopies

Nuwe tegnologie, insluitend KI-aangedrewe hulpmiddels, maak aanlyn inkopies vinniger en makliker as voorheen.

Of dit is om pryse te vergelyk, resensies of produkgraderings na te gaan of geskenkidees te kry – al meer verbruikers maak staat op kunsmatige intelligensie as deel van hul inkopiereise.

Volgens Visa se Stay Secure studie het tot 77% van verbruikers reeds KI gebruik om met hul inkopies te help. Hiervan het 66% deur middel van KI pryse vergelyk, 60% het gekyk na produkgraderings en 52% het gesoek na idees vir geskenke.

Die studie het ook gevind dat 92% van verbruikers meen nuwe tegnologie, insluitend KI-aangedrewe hulpmiddels, maak aanlyn inkopies vinniger en makliker as voorheen.

KI beïnvloed ook die ontdekking van nuwe handelsmerke, met 73% wat gewoonlik nuwe handelsmerke of kleinhandelaars ontdek terwyl hulle aanlyn inkopies doen.

Verbruikers bly egter versigtig wanneer dit kom by KI wat transaksies namens hulle hanteer. Tans sou slegs 23% KI-agente vertrou om die betaalproses namens hulle af te handel,

Namate die gebruik van KI toeneem, sien verbruikers die tegnologie toenemend as deel van die oplossing vir bedrog. Altesaam 44% voel KI het dit makliker gemaak om swendelary raak te sien, terwyl 72% glo KI sal in die toekoms ‘n deurslaggewende rol speel om verbruikers teen bedrog te beskerm.

Aanlyn inkopies groei, maar so ook aanlyn bedrogslenters

Inkopies via sosiale media platforms het alledaags geword, met 60% van Suid-Afrikaanse verbruikers wat reeds produkte direk deur sosiale media-platforms gekoop het. Ongelukkig het dit ook ‘n skerp toename in aanlyn bedrog gebring.

Kinders word toenemend blootgestel aan swendelary tydens aanlyn inkopies en speletjies

Die studie beklemtoon ook ‘n groeiende kommer oor hoe kinders aanlyn met bedrog in aanraking kom. Altesaam 73% van verbruikers sê dat kinders in hul lewens sukkel om swendelary te herken. ‘n Beduidende 52% het al gesien hoe ‘n kind die slagoffer word van ‘n bedrogspul terwyl hulle aanlyn speletjies speel of inkopies doen.

Hierdie kommer kom te midde van kinders se toenemende toegang tot digitale handel. Ongeveer 19% van Suid-Afrikaanse ouers het kinders wat toegang het tot mobiele betaaltoepassings of digitale beursies.

Verbruikers verwag dat instellings die leiding neem met bedrogbeskerming

Wanneer dit kom by beskerming teen bedrog tydens aanlyn inkopies, kyk verbruikers eerste na instellings eerder as na hulself. Sowat 52% glo banke of finansiële instellings behoort die primêre verantwoordelikheid te dra, gevolg deur betalingsverskaffers (35%) en kleinhandelaars of aanlynwinkels (28%). Slegs 13% meen verbruikers behoort self die hoofverantwoordelikheid te dra.

Altesaam 76% van verbruikers wat vir die studie ondervra is, het gemeen hulle sou veiliger voel indien hulle waarskuwings van hul bank of betaaltoepassing ontvang wanneer iets verdag lyk, terwyl 33% meer gerus sou wees indien hulle ‘n bekende en vertroude logo by die betaalpunt sien.

“Visa se Stay Secure-studie toon dat, hoewel aanlyn inkopies en sosiale handel steeds groei, swendelary en bedrog ook ontwikkel. Verbruikers beskou bedrogbeskerming as ‘n gedeelde verantwoordelikheid, maar hulle verwag dat finansiële instellings, regerings en betalingsverskaffers die leiding moet neem. Dit beklemtoon die belangrikheid van betalingsisteme wat van die begin af veilig ontwerp is,” het Irene Auma, Streekshoof van Bedrogrisikobestuur vir Sub-Sahara-Afrika by Visa, gesê.

Oor die Stay Secure-studie 2026

Die Stay Secure-studie is deur Wakefield Research van Januarie tot Februarie 2026 gedoen. Dit het ‘n opname onder 5 800 volwassenes van 18 jaar en ouer behels, in lande insluitend Suid-Afrika, Bahrein, Ivoorkus, Egipte, Jordanië, Kasakstan, Kenia, Koeweit, Marokko, Nigerië, Oman, Pakistan, Katar, Saoedi-Arabië, Serwië, Oekraïne en die Verenigde Arabiese Emirate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button