Local newsNews

Vermoorde Bothaville-man se liggaam naby bakkie gekry

Dit is onduidelik wat die motief vir die moord was.

‘n Groot soektog is begin na die moordenaars van ‘n man van Bothaville wat Sondagoggend buite sy huis in die dorp se nywerheidsgebied oorval en wreed vermoor is. Verskeie steekwonde is aan die liggaam van die 69-jarige Petrus Janse Van Rensburg gekry. Hy was reeds dood toe nood mediese personeel na die toneel ontbied is.

Volgens sersant Palesa Thabana is die polisie Sondagoggend om 06:00 van die moord in kennis gestel. Hulle is na die oorledene se huis in 7de Laan, waar Janse van Rensburg se bloedbevlekte liggaam enkele meter van sy wit Isuzu enkelkajuit bakkie gekry is.

Die bakkie se deure was oop en daar was ook bloedvlekke in die bakkie, het Thabana gesê. Die oorledene se liggaam is teen die draad van ‘n stoor gekry met steekwonde aan sy regterarm, bors en die regterkant van sy nek.

Twee musse is ook naby die liggaam gekry.

Die polisie sê dit is nie duidelik wat die motief vir die moord was nie. Daar is ook nog niemand vir die moord in hegtenis geneem nie.

Petrus Janse Van Rensburg. Foto: Facebook
Petrus Janse Van Rensburg. Foto: Facebook

“Op hierdie rustige Sondag is dit moeilik om te begryp dat so-iets in ons gemeenskap kon gebeur,” het Erna Joubert Sondag op die Facebook-groep, Bothavillers van Toeka tot Nou geskryf. Joubert het gesê dat nie net die familie nie, maar ‘n hele gemeenskap treur. “Ons harte gaan uit na sy suster, Juanita, sy broer Lafra, en sy seun,” het Joubert gesê.

Die polisie het intussen ‘n beroep gedoen op enigeen met inligting wat kan help met die ondersoek, om kaptein Maleme van die Bothaville Speurdiens te skakel by 082 466 7923, of die Stop Misdaadnommer 08600 10111. Anonieme wenke kan ook op die MySAPS-toepassing deurgegee word.

  • In nog ‘n voorval ure na die moord op Janse van Rensburg, is ‘n bejaarde egpaar van die Bothaville-distrik op hul plaas aangeval en beroof. Die rowers is weg met onder meer ‘n rewolwer, klere en skoene en ‘n bedrag geld, en is steeds op vrye voet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button