Local newsNews
Hillbillies en Golden Eagles sorg vir uithaler aksie by rugbyfees in Parys
Maak 'n draai by Hoërskool Parys se rugbyvelde en kom geniet die rugby-aksie.
Na ‘n baie suksesvolle oggend waartydens die Future Griffons jonger spelers op die veld touwys gemaak het, het die Hilbillies en die Golden Eagles mekaar die stryd aangesê in vanoggend se eerste wedstryd van die Golden Oldies rugbyfees wat vandag op Hoërskool Parys se rugbyvelde beslis word.
Wedstryde waarna jy nog kan uitsien vandag
- 13:00 – Bethlehem se Ou Are teen Old Bears.
- 14:00 – Parys se Umfula Golden Oldies sluit die dag af met hul wedstryd teen die Welkom Legends.
Daar is ‘n snoepie en verskeie kosstalletjies. Bring jou hele familie en jou vriende en kom geniet uithaler rugby by die fees wat beloof om ‘n gesinsdag soos min te wees.
Toegang kos slegs R20 vir volwassenes en R10 vir kinders o12.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



