Local newsNews

Vivienne wys haar talent by Wêreld muurbalkampioenskap

Vir Vivienne span haar deelname aan die wëreldkampioenskappe die kroon op 11 jaar se muurbalafrigting.

Die 17-jarige Vivienne van der Schyff is een van net agt junior muurbalspelers in die land wat gekies is om Suid-Afrika by die Wêreld Junior muurbalkampioenskappe te gaan verteenwoordig. Die span het Dinsdagmiddag na Kanada vertrek waar die kampioenskappe gehou sal word.


Vivienne wat tans ‘n graad 11-leerder van Eunice High School for Girls in Bloemfontein is, het in 2015 die eerste keer by Parys-muurbalklub begin muurbal speel, onder die afrigtingshand van wyle Elize Prinsloo, wat haar aangemoedig het om te begin speel.

Vivienne van der Schyff. Foto: Veskaf
Vivienne van der Schyff. Foto: Veskaf


Oor die jare het Vivienne die Vrystaat verskeie kere by interprovinsiale toernooie verteenwoordig, en het sy ook in Desember 2024 SA Schools Squash in Maleisië en Singapore verteenwoordig.

Vivienne is haar skool se muurbalkaptein en word afgerig deur Tremayne McDonald.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button