Local newsNews

Basaar laat die potte prut en die skeie val

Hierdie basaar-kuier was 'n wenresep.

Van die lekkerste hoender tot biltong, beesskenkel, tamatiebredie met kluitjies, skaapskenkel en wildsvleis het Saterdag op ‘n ry in die potte staan en prut by die Wes-gemeente se basaar, waar almal kom deel het in die lekker saamkuier en weglê aan koningskos wat hier gemaak is.

Vroegoggend al was daar nie plek vir ‘n muis om nog te parkeer nie, want in die kerksaal kon jy jou mandjie volmaak met alles wat lekker is.

Op die kerkterrein het ervare jukskeispelers reggestaan om groentjies te leer hoe om die skeie te gooi, maar dit was die 13 potjies op ‘n ry wat jou laat sit het vir ‘n basaarkuier soos lanklaas gesien.

Die ervare hande het reggestaan om die groentjies touwys te maak met jukskei. Foto: Liezl Scheepers
Die ervare hande het reggestaan om die groentjies touwys te maak met jukskei. Foto: Liezl Scheepers

Nie minder nie as R7 500 se pryse was in totaal op die spel vir die wenpotjies, en wyn geborg deur Boschkloof het gesorg vir ‘n tikkie ekstra finesse vir die dag. Uiteindelik was dit Derick en Polla Claassen wie se hoenderpot die beoordelaars se smaaksintuie oortuig het vir ‘n wen. Charles en Collet Barnard was die naaswenners, met Theo Dunn en Kobus Calitz se Loftus-stalletjie wat met die derde plek weggestap het.

Willem se bobaas skaapnek pot. Foto: Liezl Scheepers
Willem se bobaas skaapnek pot. Foto: Liezl Scheepers
Beoordelara Carla Coetzer (regs) proe aan die potjie-lekkerte. Foto's: LIezl Scheepers
Beoordelaar Carla Coetzer (regs) proe aan die potjie-lekkerte. Foto’s: LIezl Scheepers
Die beoordelaars het gekyk na die visuele aantrekkingskrag, samestelling, voginhoud, geur, speserye, garneringkleur, tekstuur, smaak en gaarheidsgraad van elke pot. Foto: Liezl Scheepers
Die beoordelaars het gekyk na die visuele aantrekkingskrag, samestelling, voginhoud, geur, speserye, garneringkleur, tekstuur, smaak en gaarheidsgraad van elke pot. Foto: Liezl Scheepers

Ses pryse is in totaal weggegee, terwyl kaartjies vir die fynproewerpotjies verkoop is sodat basaargangers kon smul aan die lekkerte.

Derick en Polla Claassen se Good Looking Chicken hoenderpot ter ere aan Oupa Haan het met die wenprys weggestap. Foto: Liezl Scheepers
Derick en Polla Claassen se Good Looking Chicken hoenderpot ter ere aan Oupa Haan het met die wenprys weggestap. Foto: Liezl Scheepers
Lukie Janse van Vuuren en sy kleindogter Luané Smith het saam hul lamskenkelpot gemaak en het die spannaam Op vlerke van geur gekies.
Lukie Janse van Vuuren en sy kleindogter Luané Smith het saam hul lamskenkelpot gemaak en het die spannaam Op vlerke van geur gekies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button