Ringe sing weer oor die net
Daar is geleentheid vir beginners sowel as ervare spelers om deel te wees van die klub.
Ringtennis is ‘n sport wat ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.
Oefening is Dinsdae vanaf 16:30 tot 18:30 by NG Parys Oos-kerksaal vir beginners sowel as meer ervare spelers. Donderdae oefen beginners 16:30 tot 17:30, en die meer ervare spelers van 17:30 tot 18:30. Naas ‘n paar tekkies, het jy niks meer nodig nie. Net die gewilligheid om saam te kom speel.

Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel, en terselfdertyd ‘n lekker wegbreek na ‘n lang dag se werk.
Kom speel saam en kyk hoeveel pret daar is in dié sport.
Enigeen is welkom.



