400 parkruns is ‘n mylpaal virseker
parkrun word elke Saterdag om 08:00 aangebied en deelname aan die 5km roete is gratis.
Johan Bosman het met vanoggend se Egweni River Lodge parkrun sy 400 parkrun-mylpaal bereik. Wat die prestasie des te meer merkwaardig maak is dat hy van die begin van parkrun in Parys deelgeneem het- eers by die Parys parkrun, en daarna ook die Egweni River Lodge parkrun.

Die Egweni River Lodge parkrun is begin op 9 Oktober 2021. Sedertden het 3 329 deelnemers die 10 118 parkruns hier voltooi wat in totaal 50 550km sou meet. Van die parkrunners wat deelgeneem het, het 1 103 persoonlike beste tye behaal, en 205 vrywilligers het sedert die begin van die Egweni River Lodge parkrun 2 214 keer gehelp met die aanbied van die parkrun.
Besondere dank aan Belinda Ströh wat die Egweni River Lodge parkrun vir bykans vyf jaar gelei, en onlangs na Amerika ge-emigreer het.
Altesaam 42 parkrunners het vanoggend die winterkoue trotseer om deel te neem, en het Johan van Niekerk ook kon spog met sy 150 parkrun mylpaal.




