Local newsNews

Polisie slaan toe op nog ‘n dwelmlaboratorium in Noordwes

Die waarde van die dwelms wat gekonfiskeer is, is nog nie bekendgemaak nie.

Die polisie het vroeër vandag toegeslaan op ‘n dwelmlaboratorium met verwerkte dwelms, asook toerusting en ‘n mengsel wat na bewering vir die vervaardiging van dwelms gebruik word op ‘n plot by Scheerpoort naby die Hartbeespoortdam.

Die dwelmlaboratorium is op 'n plot by Scheerpoort naby die Hartebesspoortdam bedryf. Foto: SAPD Kommunikasiedienste
Die dwelmlaboratorium is op ‘n plot by Scheerpoort naby die Hartebesspoortdam bedryf. Foto: SAPD Kommunikasiedienste

Vier verdagtes onder wie ‘n 39-jarige man van Zimbabwe, en drie vroue tussen die ouderdomme van 23 en 29 jaar is in hegtenis gneem. Hulle word aangekla vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook die handel in en vervaardiging van dwelms ingevolge die Wet op Dwelms en Dwelmhandel, 1992 (Wet 140 van 1992).

Van die vuurwapens waarop belsag gelê is tydens die polisie-optrede. Foto: SAPD Kommunikasiedienste
Van die vuurwapens waarop belsag gelê is tydens die polisie-optrede. Foto: SAPD Kommunikasiedienste

Tydens die intelligensiegedrewe polisie optrede is benewens die dwelms ook beslag gelê op vier vuurwapens.

Die verdagtes sal binnekort voor die landdroshof in Brits verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button