Munisipale verkiesing: Finale uitslae teen die naweek verwag
Finale stemuitslae word teen die naweek verwag.
Stemme in al 53 stemdistrikte in Ngwathe is getel, maar is uitslae is nog nie amptelik verklaar nie.
Die voorlopige aanduiding is dat die ANC die meeste stemme gehad het en ‘n oorwinning in 10 van die 14 Ngwathe wyke behaal het, met die DA wat drie wyke het (wyke 3, 5 en 7) en ACT een wyk.
Let egter daarop dat hierdie nog nie die finale en amptelik verklaarde uitslae is nie. Die OVK sal na verwagting teen die naweek die amptelike uitslae bekend maak.
Teen 17:00 Donderdag 5 November, was meer as 60% van uitslae landwyd verwerk.
Die OVK het gemaan dat die publiek versigtig moet wees met die interpretering van voorlopige en gedeeltelike uitslae, en eerder moetwag vir die aankondiging van die amptelik geverifieerde uitslae van die OVK.




