SportSport

Swartbaar-wêreldkampioenskappe word op Vaalrivier gehou

VANDERBIJLPARK. – Hengelaars spook die week sake uit op die Vaalrivier vir  die 13de swartbaar wêreldkampioenskappe wat vanjaar op die Vaalrivier by die Emerald Resort en Casino plaasvind. 13 lande, 39 bote en 78 deelnemers gaan vanaf Donderdag 5 tot Saterdag 7 Oktober die waters van die Vaalrivier vanaf die Barrage tot bo in die rivier aandurf om na die swaarste swartbaar …

VANDERBIJLPARK. – Hengelaars spook die week sake uit op die Vaalrivier vir  die 13de swartbaar wêreldkampioenskappe wat vanjaar op die Vaalrivier by die Emerald Resort en Casino plaasvind.

13 lande, 39 bote en 78 deelnemers gaan vanaf Donderdag 5 tot Saterdag 7 Oktober die waters van die Vaalrivier vanaf die Barrage tot bo in die rivier aandurf om na die swaarste swartbaar in die rivier te soek. Dit is ‘n afstand van bykans 52 kilometer. Spanne het reeds oor die naweek in die land aangekom en het Maandag 2  Oktober geregistreer. Gister en vandag was die hengelaars reeds vroegoggend op die water om te oefen. Die South African Bass Angling  Association (SABAA) is vanjaar die gasheer van die kampioenskappe.

Elke span bestaan uit ses lede. Elke boot het twee hengelaars met een skipper.  Drie groepe van 13 bote word vyf minute uitmekaar in die rigting van die hengelaars se keuse op of af in die rivier na die Barrage geneem. Lede van die publiek is welkom om te kom kyk hoe die bote om 07:00 vertrek en om 16:00 te kom kyk as daar ingeweeg word. Die prysuitdeling vind Saterdagaand by ‘n funksie in die banketsaal by die Emerald plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button