NewsNews

Vir as die donkerte jou oorval….

Vir as die donkerte jou oorval....

* Maak seker dat jou alarmstelsel in ‘n werkende toestand is, en die bystandbattery ten volle funksioneel is in geval van ’n kragonderbreking.
* Hou ‘n flitslig in jou motor, as jy snags huis toe sou kom tydens ‘n kragonderbreking. Die meeste slimfone het ook deesdae ‘n ingeboude flitsfunksie
* Stoor noodkontakinligting op jou foon, maar hou ook ‘n gedrukte kopie veilig en toeganklik. Dit moet die nooddienste soos brandweer, polisie en mediese dienste insluit. Sluit ook kontakbesonderhede van vriende en familie saam met versekeringsinligting in.
* Laai jou selfoon, skootrekenaar en tablet ten volle voor geskeduleerde kragonderbrekings.
* Dit is ook ‘n goeie idee om ‘n noodlaaier byderhand te hê.
* Onthou om toestelle spaarsamig te gebruik tydens onderbrekings, sodat jy nie die battery heeltemal dreineer voordat kragtoevoer herstel is nie.
* Dit is ‘n goeie idee om warm water in ‘n fles te hou as jy weet van moontlike kragonderbrekings.
* Hou gebottelde water wat jy ook kan vries. Hierdie bevrore gebottelde water kan ook help om voedsel koud te hou tydens ‘n kragonderbreking.
* Ontkoppel elektriese toestelle of skakel dit by muurproppe af tydens kragonderbrekings. Dit sal help om elektriese toestelle te beskerm veral met kragstuwings wanneer elektrisiteitstoevoer herstel word.
* Maak gebruik van kragstuwingbeskerming: Elektriese stuwings is een van die grootste oorsake van skade aan toerusting tydens ‘n kragonderbreking. Die installeer van ‘n kragstuwingbeskermingstoestel kan help om skade te verminder in onvoorsiene situasies.
* Maak seker jou data is gestoor in geval van onvoorsiene kragonderbrekings. Sogenaamde “Online Cloud-based Back-up” is gerieflik en meestal geoutomatiseerd. (Inligting met erkenning aan Santam Versekering)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button