
Freek Cloete is op 27 April in aksie by die Klipspruit River Resort tussen Bothaville en Leeudoringstad, wanneer hy as “Gravity” teen “Huricane Hanza” in die rofstoeikryt klim vir die Klipspruit Rock ‘n Beer Festival.
Vir dié oud-Parysenaar is dit die eerste keer dat hy weer sal stoei nadat hy vir ‘n jaar uit die kryt was weens bewerings.
Freek is deesdae in Kempton Park gevestig en is ‘n profes-sionele rofstoeier wat reeds in vyf TV stoei-reekse in aksie gesien is.
Sy oupa, wat self ‘n bekende in die kryt was, was sy rolmodel. En toe Freek op ‘n dag in 2006 as ‘n lid van die publiek deur Thun- derstruck in die kryt ingenooi is om te wys hoe die sport nou eintlik werk, het die stoei-gogga gebyt.
Vandag stoei hy vir Rock Star Wrestling. Kom kyk na groot stoei-aksie by die fees. Gevegte begin om 18:00 en toegang is R200 vir die hele dag se vermaak. Belangstellendes is welkom om Freek te skakel by 076 8111 938.




