Schools

Ons sente vir Kansa

Ons sente vir Kansa

Parys Voortrekkerkommando het Vrydag gesorg dat die sente uitgehaal word vir Kansa. Die fondsinsameling is by Parys Primêre skool gehou en het dié leerlinge fluks hul munte ingegooi om te help met die verdienstelike werk wat deur Kansa gedoen word. ’n Totale bedrag van
R4 848,35 is ingesamel.


Wat doen Kansa:
Kansa (Kankervereniging van Suid-Afrika), is ‘n vereniging sonder winsbejag wat hom toespits op hulp en ondersteuning aan die duisende kankerpasiënte en hul families regoor Suid-Afrika. Hierbenewens is Kansa voortdurend betrokke by navorsing oor kanker, en word verskeie bewusmaking- en inligtingsveldtogte jaarliks geloods, waaronder die bekende Shavathon. Kansa het ook sorgsentrums regoor die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button