Van die Bestuurslede van AfriForum Parys - Pieter Struwig, Wikus Cronje en Fanie en Jenny Kruger, saam met Petrus Nxako van Security Master en Jenny Botha (vrywilliger by Sonskyn Aftreeoord), asook van die werkers by Sonskyn wat die skenking in ontvangs geneem het.
AfriForum Parys het verlede week uitgereik na bejaardes van Sonskyn Afrtreeoord, OCSA, Serendepity en Epilepsie SA, waar vars groente en vrugte afgelaai is. Daar is ook gehelp met water by verskeie punte waaronder ook die DBV, terwyl die dorp vir dae sonder water was.
AfriForum sal voortaan poog om weekliks groente en vrugte by dié punte af te gee. Met verlede week se skenking is onder meer aartappels, uie, kool, pampoen, groenbone en appels afgelaai wat deur AfriForum aangekoop is.
Mense wat wil aansluit by AfriForum se WhatsApp-groep of meer te wete wil kom van die aksies van AfriForum, kan Fanie Kruger by 072 989 0901 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.