

Vir soveel jare ken nie net die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando die gesig van tannie Dawn Rall nie.
Tannie Dawn is so deel van Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is. Vir baie jare was sy die gesig van Voortrekkers in Parys en het haar hande vir niks verkeerd gestaan nie.
Maar nou is tannie Dawn ernstig siek in die intensiewe sorgeenheid van die Durbanville MediClinic en bid die Vorie-maats vir spoedige beterskap.
Tannie Dawn loop al sedert Desember/Januarie ‘n pad met haar gesondheid. In Januarie was sy in die Panorama Mediclinic se harteenheid opgeneem ná ‘n hartaanval. Ná ‘n lang siekbed het sy herstel maar toe weer in April in die hospitaal beland. Weer het sy mooi herstel en was gereed om terug te keer na Parys, toe sy ernstig siek geword het.
Die gemeenskap van Parys waarvan tannie Dawn soveel jaar al deel is en Parys se Voortrekkerkommando bid vir spoedige beterskap vir tannie Dawn.




