NewsNews

Aanlynskoolregistrasieplatform kan nie werk nie – AfriForum bereid om ouers by te staan

AfriForum is van mening dat skole en skoolbeheerliggame self die skoleregistrasieproses moet bestuur. Dít volg nadat die departement van onderwys skole en ouers ingelig het dat leerlinge vir 2017 aanlyn geregistreer moet word.

AfriForum is van mening dat skole en skoolbeheerliggame self die skoleregistrasieproses moet bestuur. Dít volg nadat die departement van onderwys skole en ouers ingelig het dat leerlinge vir 2017 aanlyn geregistreer moet word.

Dié aanlynregistrasieplatform het egter gister weens verskeie tegniese probleme ingegee, wat beteken dat leerlinge nie geregistreer kon word nie. Die probleem sal na verwagting eers teen Woensdag opgelos wees. AfriForum is intussen oorval met navrae van bekommerde ouers aangaande die aanlynregistrasieproses. Sommige van dié navrae het klagtes van ouers ingesluit wat hul kinders op die aanlynplatform wou registreer, maar nie toegang tot die webtuiste kon kry nie óf hul kinders slegs by een skool in hul woon- of werksgebied kon registreer.

“AfriForum beskou die platform as ʼn poging van die departement om in te meng in ouers se vrye keuse oor waar hulle hul kinders inskryf. Die huidige probleme met die platform beteken dat ons ook die tegniese funksionaliteit van die proses wantrou,” het Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, gesê.

“’n Verdere probleem is die feit dat talle skole reeds hul opedae in April gehou het, waartydens ouers hul kinders by skole van hul keuses ingeskryf het. AfriForum wil onder meer weet wat nou met dié registrasies gebeur en wat van die registrasiefooie word van ouers wat reeds betaal het.”

AfriForum is besig om die saak dringend te ondersoek en sal ook nie huiwer om regsstappe teen die departement te neem indien dit nodig is nie. Die organisasie gaan vandeesweek ʼn brief aan die departement stuur waarin hulle onder meer antwoorde eis rakende die werking van die aanlynregistrasieproses.

AfriForum se raad aan ouers is om die proses fyn dop te hou. Instellings soos AfriForum en die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame (FEDSAS) sal die situasie monitor en die publiek deurgaans op hoogte hou. Enige verdere inligting rakende die saak sal op AfriForum se Facebook-blad en webtuiste verskyn.

“As ouers of leerlinge se regte geskend word, sal ons hulle waar moontlik bystaan met regsadvies of -aksie. Kinders het die reg om in hul moedertaal skool te gaan en ouers het die reg om te besluit oor hul kind(ers) se skolastiese opleiding,” het Bloem gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button