
Daar bly nou nog net meer as twee weke oor vir nominasies vir uitblinker sakelui in Parys vir die Best of Parys Readers’ Choice toekenning. Met die toekenning gee MooiVaal Media vanjaar vir die eerste keer erkenning aan besighede in Parys wat uitstaande kliëntediens lewer.
In ‘n tyd waar verbruikers dikwels moedeloos is met swak diens, is dit besighede wat daardie ekstra myl loop vir kliëntediens wat juis erkenning verdien.
Daar is heelwat van hierdie besighede in Parys wat nie net ‘n deurslaggewende rol speel om werk te skep nie, maar die dorp se ekonomiese wiele aan die rol hou, en jou telkens verras met vriendelikheid, hulpvaardigheid en uitstaande diens en integriteit.
Heelwat nominasies is reeds in die onderskeie kategorieë ontvang, en het lesers nog tyd tot 27 Junie om hul stem te laat hoor. Let daarop dat die kompetisie in digitale formaat is, en dat slegs digitale nominasies aanvaar word. Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners in die onderskeie kategorieë.

Onthou jy mag meer as een onderneming in ‘n kategorie nomineer. Jy kan ook besighede in verskeie kategorieë nomineer.
Of dit koffiewinkels, restaurante, gastehuise, apteke, ‘n kunsgalery, loodgieter of hardewarewinkel, eiendomsagentskap of enige ander private onderneming is. Nomineer jou gunsteling ondernemings in Parys sommer nou om ook aan hulle erkenning te gee met hierdie positiewe projek.
Besoek die aanlyn nominasieblad by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys/of skandeer die QR kode wat jou direk na die inskrywingsvorm neem.

Onthou nominasies sluit 27 Junie, en jy kan slegs deur middel van die digitale nominasievorm die besighede van jou keuse nomineer.



