Local news

Biddag vir die nuwe seisoen

Die boere het 'n hartroerende getuienis oor hoe die Here hulle deur moeilike tye gedra het.

Biddae vir die jaar se nuwe seisoen vind vandag 26 September 2024 en Vrydag 27 September 2024 plaas.

“Ons wil graag almal uitnooi om hierdie geseënde dag by te woon! Elkeen is welkom om een of meer van die stasies te besoek tydens die biddag, of om saam met die konvooi te ry wat van stasie tot stasie beweeg deur die dag. Daar is plek op die bussie beskikbaar, en saamry geleenthede kan gereël word,” het Juan Greef, ‘n boer van Vredefort, in ‘n Facebook-plasing gesê.

Mense word gevra om die volgende items na die biddag toe saam te neem:
  • Hoed
  • Sonskerm
  • Koeldrank/water
  • Peuselhappies

“Daar sal koffie en beskuit vir almal bedien word 08:00 die oggend voordat ons vertrek. Almal is welkom en alles is gratis. Kom ons bid en vertrou die Here saam vir ‘n geseënde seisoen wat voorlê,” het Juan voorgegaan.

Program vir die dag:

26 September om 07:45 Vredefort sportgronde

Almal wat saamry na die verskeie Vredefort stasies kom by die sportgronde bymekaar vir koffie en beskuit en logistieke reëlings.

Daarna bid ons by die volgende stasies op die spesifieke tye:

  • 08:30 Plaas Mimosa Grove
    Heinie Brussow
    Tel: 082 321 2413
    GPS: – 27.058699, 27.222445
  • 10:00 Plaas Danzig
    Bokkie en Rika Coetzee
    Tel: 082 823 1427
  • 11:30 Plaas Aprilskraal
    Dawid en Martie Enslin
    Tel: 082 378 2202
  • 13:00 Plaas Lesutoeskraal
    Kruger Terblanche
    Tel: 082 894 9856
  • 15:00 Plaas Frisgewaagd distrik Fochville
    Izak Barnard
    082 803 6996

Vrydag 27 September Koppies/Greenlands

  • 06:00 Plaas Prospect
    PC Oosthuizen
    Tel: 079 491 3676

Navrae: Juan Greeff 079 874 1860

Kyk na die getuienis van die boere hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button