Local newsNews

Polisie soek inligting na moord op wildsplaasbestuurder

Enigeen wat inligting het wat die polisie kan help in hul ondersoek, sers. Victoria Kumalo sal skakel by 082 373 7291 of die speurtak-bevelvoerder a.o. Johannes Letsobe by 082 416 2348. 

Daar is nog geen arrestasie gemaak vir die moord op die 32-jarige Ian Boshoff wat die naweek op die Snymanshof wildsplaas langs die Frischgewaagd-grondpad naby Fochville in die Buffelshoek-distrik vermoor is. Boshoff het as bestuurder op die wildsplaas gewerk en was die plaasaanval vermoedelik Vrydagaand.

‘n Buurman het Saterdag op Boshoff se liggaam in die kantoor van sy huis afgekom nadat hy gaan ondersoek instel het toe hy onraad vermoed het omdat Boshoff nie op boodskappe van vroeër die dag gereageer het oor wildsdrade wat van die bure gesien het, geknip was.

Boshoff is met skietwonde gekry, en is op die toneel  deur nooddienste dood verklaar.

Ian Boshoff.

Daar is dieselfde aand ook by een van die ander bure ingebreek.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie in die Noordwes-provinsie het bevestig dat ‘n TV, DVR’s, twee vuurwapens en selfone uit Boshoff se woonhuis vermis word, asook matrasse uit die lodge op die wildsplaas. Die Land Cruiser wat tydens die voorval op die wildsplaas gesteel is, is Sondag langs die R502 naby Orkney gekry met een van die gesteelde matrasse, het kol. Myburgh gesê.

Boshoff was nie getroud nie en is oorspronklik van Bothaville. Hy is die seun van Bossie en Sonja Boshoff.

Sy dood is beskryf as ‘n vreeslike verlies wat diep sny in die harte van sy gesin, familie en vriende, en sal hy onthou word as iemand wat met liefde en deernis gelewe het.

Kol. het gevra dat enigeen wat inligting het wat die polisie kan help in hul ondersoek, sers. Victoria Kumalo sal skakel by 082 373 7291 of die speurtak-bevelvoerder a.o. Johannes Letsobe by 082 416 2348.

  • Bernadette Hall en haar man, David, is in 2012 deur vyf mans op hul plaas Frischgewaagd, ook langs die Frischgewaagd-grondpad naby Fochville aangeval. David is in die aanval oorlede en Bernadette is ernstig aangerand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button