Entertainment
Vier Ankers hou gemeentefees
NG Kerk Vier Ankers hou ’n gemeentefees vanaf 22 tot 24 Mei, wat hope vermaak gaan bied. Op Vrydag 22 Mei is daar van 13:00 tot 20:00 ‘n vlooimark, teetuin en heerlike eetgoed. Lilly van Liekieland tree om 15:00 op en om 18:00 is dit Manie Jackson se beurt. Op Saterdag om 09:00 is daar …

NG Kerk Vier Ankers hou ’n gemeentefees vanaf 22 tot 24 Mei, wat hope vermaak gaan bied.
Op Vrydag 22 Mei is daar van 13:00 tot 20:00 ‘n vlooimark, teetuin en heerlike eetgoed. Lilly van Liekieland tree om 15:00 op en om 18:00 is dit Manie Jackson se beurt.
Op Saterdag om 09:00 is daar ‘n kerkbasaar met stalletjies met handgemaakte items. Daar is ook ‘n boeremusiekorkes tydens die basaar.
Om 18:30 die aand tree Frank Opperman in die stuk Die Klaagliedere van dominee Tienie Benade” op. Op Sondag word daar met ‘n Lofdiens afgesluit, gelei deur Rudi Muller.
Uitstallers en toeskouers is welkom om die kerkkantoor te skakel (Maandag tot Vrydag tussen 8:00 en 13:00) by (016) 976 7500. Vir meer inligting kontak Roelf Pienaar by 083 378 7731
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.