Weet jy waar is Stonehenge in Africa?
Weet jy waar is Stonehenge in Africa? Dit is ‘n pragtige oord in die Parys-omgewing, midde-in die wêreldbekende Koepelbewaringsgebied, so 40 minute se ry vanaf die Vaaldriehoek en ‘n hanetreetjie vanaf Potchefstroom.

Weet jy waar is Stonehenge in Africa?

FOTO: Retha Fitchat
Dit is ‘n pragtige oord in die Parys-omgewing, midde-in die wêreldbekende Koepelbewaringsgebied, so 40 minute se ry vanaf die Vaaldriehoek en ‘n hanetreetjie vanaf Potchefstroom.
Lees ook: All Things Adventure skou om die draai
Ons MooiVaal Media span, tesame met Stonehenge se mense, is tans hard aan die werk om alles gereed te kry om die publiek vanaf more (Vrydag 24 Feb) tot Sondag hier te ontvang.
FOTO: Retha Fitchat
Die geleentheid is die ALL THINGS ADVENTURE naweek en as jy en jou gesin lief is vir die buitelewe, moet jy nie dié pret misloop nie. Kom as ‘n dagbesoeker of kom kamp lekker vir die hele naweek! (Bel Linda by 082 062 3155 om te hoor of daar nog plek is).
Lees nog: All Things Adventure Expo
Daar is hope te sien en te doen vir oud en jonk, en dan is daar natuurlik ook vragte vol eet- en drinkgoed sowel as op-en-wakker musiek. Na die afgelope dae se heerlike reën is die terrein met sy pragtige grasperke en plante lieflik skoon gewas.
Meer inligting oor die aktiwiteite en toegangsgeld is in hierdie week se MooiVaal Media koerante. Hoop om julle almal daar te sien!
FOTO: Retha Fitchat



